SA omgewingsgroep gekant teen Karpowership

Die omgewingsregte-groep, die Green Connection, neem kennis van die regering se besluit om Karpowership vir 20 jaar toegang tot Suid-Afrika se hawens te gee. Die Turkse maatskappy sal elektrisiteit vir die land se kragnetwerk opwek op sy drywende gasskepe. ʼn Woordvoerder van Green Connection, Liz McDaid, sê die land benodig nie kragskepe om energie op te wek nie.