SA o.20 skop kampioenskap goed af

Suid-Afrika het die eerste dag van die Onder-20-Wêreldrugbybeker-kampioenskap met ‘n oorwinning van 57-7 teen Fidji in die Kaapstad-stadion afgesluit. Frankryk, die verdedigende kampioen, het hulle eerste wedstryd teen die nuwelinge Spanje, met 49-12 gewen. Engeland het Argentinië ingehaal om hulle aanvangswedstryd in die Athlone-stadion met 40-21 beklink, voor Australië vir Georgië met 35-11 uitoorlê het. Ierland het Italië met 55-15 oorrompel en Nieu-Zeeland het, na hulle eers goed skrikgemaak is, Wallis met 41-34 geklop.