SA nou tiende grootste sonkrag-fotovoltaïese mark ter wêreld

BloombergNEF voorspel Suid-Afrika sal wêreldwyd vanjaar die tiende grootste fotovoltaïese mark wees. Volgens die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging, Rethabile Melamu, groei die oorheersing van sonkrag-FV’s steeds. Die verslag dui groei van 76-persent internasionaal in fotovoltaïese kapasiteit aan. Voortdurende groei in dak-sonkrag word egter verwag, veral in die winter wanneer beurtkrag toeneem. Besighede se gebruik van dak-sonkrag sal ook na verwagting aansienlik styg, met battery-berging wat ‘n groot deel daarvan is.