SA nader weer strafhof oor Israel

Suid-Afrika het weer die Internasionale Strafhof genader met ʼn dringende aansoek dat die voorlopige maatreëls wat in Januarie voorgeskryf is, versterk word. Hy wil hê die hof moet binne sy vermoë keer dat ‘n katastrofiese hongersnood in die Gaza-strook uitbreek. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê onder die Volksmoordkonvensie kom die doelbewuste vernietiging van lewenstoestande soos deur massa-uithongering en vernietiging van voedselstelsels neer op volksmoord: