SA-myne vorder goed met uitlaatgasse

Suid-Afrikaanse mynmaatskappye is doelgerig besig om koolstofvermindering in hulle ondernemings te bevorder. Dit is die mening na ‘n virtuele beraad oor energie en myne in Afrika. Die uitvoerende hoof van Gold Fields, Chris Griffith, sê die maatskappy het sedert 2021 tot op hede uitlaatgasse met 10 persent verminder en 5 persent hernubare bronne by sy energie-bronne ingesluit. Die uitvoerende hoof van Pan African Resources, Cobus Loots, het bygevoeg sy maatskappy het die grootste moontlikhede gesien in beleggings in sonkragenergie, en hulle fokus op die oprigting van sonkragaanlegte.