SA moontlik vir twee weke beurtkrag-vry

Die buurland se elektrisiteit-minister, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom doen aggressiewe instandhouding en gevolglik is daar hierdie feestyd geen beurtkrag nie. Ramokgopa het in Pretoria verslag gedoen oor die instelling van die energie-aksieplan. Die beplande instandhouding is gemiddeld 8 000 megawatt. Volgens die minister mag Suid-Afrika moontlik twee weke lank geen beurtkrag ondervind nie aangesien talle maatskappye gedurende die feestyd gesluit is.