SA monetêre beleid raak laer-inkomste groepe ergste

BetterBond in die buurland se tussentydse uitvoerende hoof, Bradd Bendall, sê daar was ‘n 7,8-persent kwartaallikse styging in huisleningsaansoeke. Sedert die Reserwebank se Monitêre Beleidskomitee besluit het om Suid-Afrika se prima-uitleenkoers van 7-persent in 2021 tot die huidige 11,75-persent te verhoog, was die huis-eiendomsmark redelik gedemp. Bendall sê dit is veral ooglopend by voornemende huiskopers in die prysklas onder een-miljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ‘n duidelike aanduiding is van ‘n groter negatiewe impak op laer-inkomste groepe.