SA moet olie-, gasbronne benut, sê Maritieme Sakekamer

Die Maritieme Sakekamer sê die regering sleep voete om die geleentheid aan te gryp van sowat 27-miljard vate moontlike olie- en gasbronne aan sy suid-, wes- en ooskus. Die voorsitter van die Maritieme Sakekamer, Unathi Sonti, sê aflandige olie- en gasbronne het die potensiaal om die land se ekonomie ʼn stewige hupstoot te gee. Hy sê Suid-Afrika sal baat by die ontdekking van aansienlike aflandige gasreserwes langs die kus van Mosambiek.