SA moet meer doen om meer rederye te lok – De Lille

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, vra vir ‘n nasionale strategie om meer lugrederye na Suid-Afrika te lok, met die doel om toerisme en ekonomiese groei ‘n hupstoot te gee. De Lille het gewys op die rol van die lugvaartbedryf vir volhoubare die volhoubare groei van toerisme en planne bekendgemaak vir ‘n verenigde lugtoegangstrategie. Sy wag ook op die besluit van president Cyril Ramaphosa oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse Lugdiens by die kabinet-lekgotla, na die ontbinding van die Departement van Openbare Ondernemings: