SA moet landboumarkte uitbrei, sê ekonoom

‘n Landbou-ekonoom, Wandile Sihlobo, doen ‘n beroep op Suid-Afrika om sy landbou-uitvoermarkte uit te brei, veral in BRICS-lande. Hy sê terwyl geopolitieke spanning toeneem, is die uitbreiding van marktoegang noodsaaklik vir groei. Sihlobo beklemtoon hoewel die landbousektor se uitvoere floreer het, moet aandag geskenk word aan die uitdagings, byvoorbeeld die hoë invoertariewe in sleutelmarkte soos Suid-Korea, Japan en Viëtnam, om mededingendheid te verbeter.