SA moet kabinet vorm, rand verswak

Die Suid-Afrikaanse rand het begin daal en daal steeds, te midde van onsekerheid oor president Cyril Ramaphosa se kabinet. Spanning laai ook op omdat daar friksie is tussen die DA, die ANC se grootste koalisievennoot, en Ramaphosa oor sleutelportefeuljes. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels oor wat die rand in die komende dae gaan doen.