SA minister, lyfwagte beroof
Die polisie in Gauteng het ‘n soektog van stapel gestuur nadat die vervoer-minister, Sindisiwe Chikunga, en twee van haar lyfwagte op die N3-hoofweg tussen Vosloorus en Heidelberg beroof is. Die aanvallers het met persoonlike besittings en twee polisiepistole op die vlug geslaan. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die betrokke lede ontvang die nodige ondersteuning en berading. Sy voeg by Chikunga is intussen voorsien van alternatiewe hulpbronne.