SA man in Singapoer-tronk oor renosterhorings

‘n Hof in Singapoer het ‘n Suid-Afrikaanse man tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir die smokkel van renosterhorings. Dit is die swaarste vonnis wat ooit daar opgelê is vir hierdie soort misdaad. Singapoer se Nasionale Parkeraad sê Gumede Joel is in 2022 op die Changi-lughawe in Singapoer in hegtenis geneem nadat owerhede 20 renosterhorings ter waarde van meer as 16 miljoen Namibiese dollar in sy bagasie onttdek het. Joel was op reis vanaf Suid-Afrika na Laos deur Singapoer.