SA lughawens hou Maandag by skedules

Die Lughawens-maatskappy van Suid-Afrika het bevestig al die lughawens in die land sal Maandag by hul gewone skedules hou. Dit is ten spyte van die EFF se planne om ‘n nasionale stilstand te hou oor beurtkrag en om te eis dat President Cyril Ramaphosa bedank. Acsa het die besluit geneem om voort te gaan met sy bedrywighede, selfs al is daar ‘n verwagting van moontlike ontwrigting in pad- en lugvervoer. Gopolang Peme van Acsa sê gebeurlikheidsplanne is gemaak om te verseker bedrywighede verloop glad.