SA loof Menseregteraad se resolusie oor Palestynse gebiede

Suid-Afrika het die Menseregteraad se aanvaarding van ‘n resolusie geloof wat die menseregteposisie in die besette Palestynse gebiede aanspreek, wat Oos-Jerusalem insluit. Die mylpaal is die VN-raad se eerste reaksie op die krisis in Gaza. Hy erken die belangrikheid van die Internasionale Geregshof se voorlopige maatreëls in Suid-Afrika se saak teen Israel vir volksmoord, en vra ‘n onmiddelike skietstilstand. Die resolusie onderstreep die behoefte aan aanspreeklikheid en vervolging van die oortreders van internasionmale humanitêre en menseregtewette, en die voorkoming van toekomstige verbrekings en internasionale misdade.