SA lewer groot mielieoes, genoeg om ook uit te voer

Die Landbou-besigheidskamer van Suid-Afrika, AgBiz, sê die land se mielievoorraad is genoeg om in die binnelandse behoefte van nagenoeg 11,4 miljoen ton te voorsien. Die Oesskattingskomitee het die land se oesvooruitskatting van verlede maand vir die 2022/2023-seisoen met 2 persent verhoog tot 16,1 miljoen ton. Dit is 5 persent meer as die 2021/2022-seisoen en die derde grootste oes sover bekend. Wandile Sihlobo van Agbiz sê die onlangse reën het nié die gehalte van die mielies geknou nie en daarom verwag hulle ‘n groot oes somergraan en oliesaad van hoë gehalte.