SA lenteblommeseisoen skop af aan Weskus
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het die begin van die 2024-lenteblommeseisoen van nou af tot 30 September in die Weskus Nasionale Park aangekondig. SANParke sê die Postbergdeel van die park is oop vir besoekers vir asemrowende blommeprag. Daarby is kosvragmotors beskikbaar omdat die Geelbek-restaurant opgeknap word. Bewarings-toegangsfooie is van toepassing en nuwe gidse en pamflette is ook te koop. Die spesiale Lenteblombrosjure word by die Potsberg-ingangshek verkoop en is ‘n uitstekende bron om die blomme in die park uit te ken en meer daaroor te leer.