SA leerders stel kundigheid in Taiwan ten toon

Twee Suid-Afrikaanse leerders het die geleentheid gekry om hul kundigheid in wetenskap by vanjaar se Internasionale Wetenskapsfees in Taiwan ten toon te stel. ‘n Graad 12-student aan die Zinniaville sekondêre skool in Noordwes, Lethabo Molobi, en ‘n graad 11 aan die Hoërskool Jim Fouché in die Vrystaat, Jaco Deysel, is gekies op grond van hul uitstaande werk verlede jaar, tydens Eskom se Internasionale Ekspo vir Jong Wetenskaplikes. Patty Chetty van die Eskom Ekspo, sê die fees begin môre en duur tot volgende Vrydag.