SA-landbou skep amper 1 miljoen werksgeleenthede

Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, sê sy is tevrede met die landbousektor se positiewe bydrae tot werkskepping in die land. Die jongste kwartaallikse indiensnemingsopname se inligting toon die landbousektor het in die derde kwartaal weer 61 000 nuwe werksgeleenthede geskep wat die totaal tot 956 000 opstoot. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê dis die hoogste indiensnemingsyfer in landbou sedert die begin van die moderne demokratiese era: