SA-landbou se verhouding met VSA lyk onseker

Die landbou-sakekamer Agbiz sê Suid-Afrika se landbouhandelsverhouding met Amerika lyk onseker. Dit volg nadat die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, beweer het Suid-Afrika verskaf wapens aan Rusland. Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê Suid-Afrika kan sy voordelige handelsbetrekkinge met Amerika kwyt wees. Intussen sê die uitvoerende direkteur van AgriSA, Christo van der Rheede, indien die bewerings waar is, kan dit ernstige gevolge vir Suid-Afrika inhou, aangesien die landbousektor afhanklik is van tegnologie en voorrade uit Amerika.