SA-landbou kan nie nuwe minimumloon bekostig nie

Die landbou-unie TLU SA sê hy het ʼn veldtog van stapel gestuur om boere te ondersteun wanneer die nuwe minimum loon van krag word. Die minimum loon styg van die eerste van volgende maand van 25 Suid-Afrikaanse rand 42 sent per uur tot 27 rand 58 sent. Dit is ʼn verhoging van 8,5-persent. Bennie van Zyl van TLU SA sê die landbousektor kan nie die verhoging bekostig nie: