SA-landbou het handelsoorskot van R26 miljard

Suid-Afrika se landbousektor het in die tweede kwartaal ‘n 26-miljard-rand handelsoorskot aangeteken, ondanks ‘n jaar-tot-jaar-afname van ses-persent. Die Landbousakekamer van Suid-Afrika skryf dit toe aan laer pryse en ‘n afname in produksievolumes, veral ten opsigte van graan en oliesade. Sitrus, mielies, appels en wyn is onder die top-uitvoere. Agbiz lig verbeterde hawedoeltreffenheid uit en moedig beleidmakers aan om logistiek te verbeter, sleutelmarkte te behou en uitvoere uit te brei na strategiese markte soos Japan en Suid-Korea.