SA landbou-handelsoorskot ‘goeie nuus vir Namibië’
Die Landbousakekamer van Suid-Afrika sê die land se landbousektor het ‘n 26-miljard-rand handelsoorskot in die tweede kwartaal gehad, ten spyte van laer pryse en ‘n afname in produksievolumes. Agbiz het verbeterde hawedoeltreffenheid uitgelig as ‘n bydraende faktor. Kosmos 94.1 Nuus het met Kobus Laubscher, ‘n bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, gesels oor wat dit vir landbou in Suid-Afrika en Namibië beteken.