SA landbou gaan erns van droogte bepaal

Die buurland se landbou minister, Thoko Didiza, sal leiers van georganiseerde landbou, betrokke departemente en LUR’e van alle provinsies ontmoet om die erns van die El Nino-verwante droogte te bepaal. Die Oesskattingskomitee se jongste vooruitskatting toon dat Suid-Afrika se 2023/24 somergraan- en oliesadeproduksie op ‘n jaargrondslag met 21 persent kan daal tot 15,2 miljoen ton. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die minister sal ook die uitwerking evalueer op oes-opbrengste en die finansiële status van boere.