SA kry 38ste medalje by Chelsea

Suid-Afrika se uitstalling by die Chelsea-blommeskou in Londen het goud gewen. Die inskrywing is deur die windverwaaide hange van die Kaapse berge geïnspireer. Ontwerper Leon Kluge en kunstenaar Tristan Woudberg het ʼn groep vrywilligers gelei om vanjaar se veelbekroonde uitstalling saam te stel wat groot kleibeelde ingesluit het as agtergrond vir fynbos-snyblomme. Dit is Suid-Afrika se 38ste goue medalje by die Chelsea-blommeskou sedert 1976. Kluge sê hulle het 22 000 stele vir die uitstalling gebruik: