SA krieketlegende Brandon Foot sterf

Brandon Foot, ‘n reus in Suid-Afrikaanse krieket, is Vrydag in die ouderdom van 63 oorlede. Hy was lank siek. Foot was voorheen die uitvoerende hoof en operasionele hoof van SuperSport en ‘n grootkop by MultiChoice. Foot het van 2000 tot 2005 as president van die Northerns-krieketunie gedien en as direkteur in die Titans-krieketraad. Hy was ook op die direksie van Krieket Suid-Afrika. Hy het krieket vir Harlequins, Pretoria Boys High School en die Universiteit van Pretoria gespeel. Hy was ook voorsitter van Harlequins se klubkrieketspan. Die voormalige Proteas krieketspeler, Fanie De Villiers, het hulde gebring.