SA koue weer oorlaai kragnetwerk

Eskom het ladingsvermindering in verskeie provinsies begin instel waar die netwerk oorlaai is weens die koue weer. Die kragvoorsiener sê die oorlading van die netwerk kom veral in sy voorsieningsgebiede in Limpopo, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Noordwes voor. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, beklemtoon ladingsvermindering is nie dieselfde as beurtkrag nie, omdat Eskom wel genoeg opwekkingsvermoë het om in die vraag na elektrisiteit te voorsien.