SA Kommunistiese Party eis dringende verwydering van VSA-ambassadeur

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party doen ‘n beroep vir die dringende verwydering van die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety. Die party sê sy optrede en beskuldigings het ingemeng met die land se soewereiniteit. Die SAKP beskuldig Brigety daarvan dat hy probeer het om Suid-Afrika se bestendigheid in gedrang te bring en vals inligting versprei het wat ‘n nasionale veiligheidsbedreiging kan wees. Brigety het Suid-Afrika beskuldig van die verskaffing van wapens aan Rusland op ‘n vaartuig wat in Desember in Simonstad, Kaapstad, vasgemeer het. Die SAKP vra ook dat alle imperialistiese oorloë wêreldwyd beëindig word.