SA kom WADA-regulasies na

Die buurland se sportminister, Zizi Kodwa, het die wysiging van sport-wetgewing bevestig in ooreenstemming met aanbevelings van die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels. Dit volg op WADA se stelling in September dat Suid-Afrika se bestaande wetgewing nie aan die wêreldkode teen verbode middels voldoen het nie. Die Wysigingswetsontwerp op die Afrika-instituut vir Dwelmvrye Sport is nou gefinaliseer. Kodwa bevestig ook Suid-Afrika se verbintenis om gasheer van die WADA Afrika-streekkantoor in Kaapstad te wees: