SA koalisiepraatjies voortydig: Zille

Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê koalisiepraatjies is voortydig met partye wat wag op die finale verkiesingsuitslag. Sy glo as die ANC minder as 50-persent van die stemme kry, sal die party nooit herstel nie. Volgens Zille sal die DA nie toelaat dat Suid-Afrika regeer word deur ‘n koalisie van die ANC, EFF en MK-party nie, en wys op die uitdaging van saamwerking met kleiner partye. Sy is ook vol vertroue die DA sal beheer oor die Wes-Kaap behou.