SA kleinhandelverkope styg, wys verbruikersvertroue
Kleinhandelverkope het volgens Statistieke Suid-Afrika jaar-op-jaar met 4,1-persent gestyg, wat beter is as vooruitskattings en dui op verbeterde verbruikersvertroue. Die toename volg op ‘n styging van 1,1-persent in Mei en ondersteun positiewe groei in die bruto binnelandse produk. Met inflasie laer op 5,1-persent verwag die Reserwebank om rentekoerse in September te verlaag, wat moontlik verligting aan verbruikers kan bied. ‘n Woordvoerder van Statistieke SA, Raquel Floris, sê die groei word aangedryf deur laer brandstofpryse en beter verkope in supermarkte: