SA kiesers verkies koalisie-regering: opname
Ses-en-sewentig-persent van die kiesers wat in die jongste opname deur die Brenthurst-stigting ondervra is, sê hulle steun ‘n koalisie-regering vir Suid-Afrika – vergeleke met 74-persent in Oktober verlede jaar. Nege-en-twintig-persent van die kiesers steun die Veelpartyhandves, 25-persent ‘n ANC-DA-koalisie, en 24-persent wil ‘n ANC-EFF-koalisie hê. Die opname toon dat die ANC se steun tot 39-persent gedaal het, die DA s’n het tot 27-persent gestyg en Jacob Zuma se MK Party is op 13-persent.