SA-kiesers kan so registreer

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die tweede en finale registrasienaweek vir die nasionale en provinsiale verkiesing van 2024 aangekondig. Die land se 23 296 kieslokale sal op 3 en 4 Februarie vanaf 8 tot 5 oop wees. Tydens die eerste registrasienaweek in November is 568 374 nuwe kiesers geregistreer. Suid-Afrikaners in die buiteland kan vanaf 26 tot 28 Januarie registreer by diplomatieke sendings of aanlyn by die selfregistrasieportaal. Kiesersregistrasie by korrektiewe sentrums sal vanaf 30 Januarie tot 1 Februarie plaasvind.