SA keur R50 miljoen goed vir mense van Gaza

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Ronald Lamola, het aangekondig Suid-Afrika het 50-miljoen Suid-Afrikaanse rand goedgekeur om die mense van Gaza te ondersteun. Hy het ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging gelei na die Gaza-ondersteuningskonferensie in Jordanië. Lamola sê Suid-Afrika steun ook die Internasionale Geregshof se regsverteenwoordiger, Karim Khan, om mense vir die oorlog in Gaza aanspreeklik te hou.