Weekwedstryde is goed vir die A-span se ontwikkeling

Die assistent-afrigter van die Springbokke, Mzwandile Stick, sal die Suid-Afrikaanse A -span afrig op volgende maand se jaareindtoer. Sy afrigtingspan sluit ook in Suid-Afrika se Direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, die hoofafrigter van die Junior Bokke, Bafana Nhleko, Joey Mongalo van die Haaie en Wian du Preez van Griekwas. Die span sal in twee weekwedstryde teen Munster en die Bristol Bears te staan. Volgens Stick is die weekwedstryde belangrik vir speler-ontwikkeling.