SA kan binnekort elektrisiteit uit Mosambiek uitvoer

Suid-Afrika kan binnekort tot eenduisend megawatt elektrisiteit uit Mosambiek invoer, wat kan help om beurtkrag met een vlak te verlaag. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa het vandag met sy ampsgenoot uit Mosambiek, Carlos Zacarias vergader, en ‘n ooreenkoms gesluit om oor die kort termyn honderd megawatt van Mosambiek aan te koop. Dié ooreenkoms is een van drie noodprogramme vir elektrisiteits-verkryging, wat poog om energie-beskikbaarheid in Suid-Afrika te verbeter.