SA kan April reuse-brandstofskok verwag

‘n Reuse brandstof-skok wag waarskynlik volgende maand op Suid-Afrikaners, omdat huidige data dui op ‘n verhoging van meer as drie rand per liter in die dieselprys en sowat twee rand 32 sent vir petrol. Die konflik tussen Rusland en Oekraïne het oliepryse laat opskiet tot bo 130 dollar per vat. As die petrolprys met daardie bedrag sou verhoog, sal dit in Gauteng tot sowat 23 rand 90 sent per liter styg. ‘n Jaar gelede was dit 16 rand 32. Oliepryse styg skerp omdat verwag word Rusland, die wêreld se derde grootste produsent, kan uit die mark gesluit word.