SA kabinet-lekgotla ‘moet prioriteite uitspel’

Die Stigting vir Onderwys en Maatskaplike Geregtigheid in Afrika sê die regering van nasionale eenheid se eerste kabinet-lekgotla moet aandag aan werkloosheid en misdaad skenk en bevestig dat onderwys belangrik is. Die twee-daagse lekgotla wat môre begin, gaan aandag skenk oor hoe om die verskillende partymanifeste in ‘n samehangende regeringsbeleid saam te voeg. Hendrick Makaneta van die stigting sê die regering moet duidelike prioriteite uitspel.