SA-jeug se eerste dwelm is drank

Die departement van Maatskaplike Ontwikkeling het op die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en die Smokkel van Onwettige Middels sy kommer uitgespreek oor alkohol wat die jeug se eerste keuse van dwelmmiddel is. Die Nasionale Dwelmbewusmakingsweek het die noodsaaklikheid beklemtoon van die verantwoordelike handel in alkohol, asook gemeenskapsbetrokkenheid. Die departement bied deur die week skakelingsgeleentheid en wil meer projekte loods en vennootskappe met organisasies sluit. Die woordvoerder, Lumka Oliphant, sê hulle beklemtoon voorkoming, onderrig en afhandeling van beleid: