SA is gasheer vir konferensie oor xenofobie, diskriminasie ens
Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, is vandag die hoofspreker by die 20ste herdenking van die Derde Wêreldkonferensie in Ekurhuleni. Een van die sleutelverklarings van die konferensie is om ‘n nasionale aksieplan teen rassisme, rassediskriminasie, xenofobie en verwante onverdraagsaamhede te ontwikkel. Die woordvoerder van die departement, Chrispin Phiri, sê die maatskaplike euwels ondermyn demokrasie en grondwetlike waardes, en bedreig maatskaplike samehorigheid: