SA is gasheer van 15de Brics-beraad

President Cyril Ramaphosa het bevestig Suid-Afrika sal as gasheer optree tydens die 15de Brics-spitsberaad vanaf 22 tot 24 Augustus. Die tema sal wees Brics vir Afrika, vennootskap vir wedersyds versnelde groei, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe multilateralisme. Ramaphosa sê verskeie ander Afrika-leiers sal na die beraad genooi word. Ramaphosa het vandag tydens vraetyd in die parlement gesê die doel is om ʼn vennootskap tussen Brics en die vasteland te bou. Hy sê Brics sal hom toespits op geleenthede om die Afrika-agenda na te jaag om groter ekonomiese groei te bewerkstellig.