SA Inkomstediens word R277 miljard geskuld

ActionSA het vasgestel 2 901 maatskappye skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 216 miljard Suid-Afrikaanse rand. Een-duisend-156 individue skuld 62 mijard -rand, altesaam 277 miljard rand. Hierdie bedrag verteenwoordig bykans 90-persent van die diens se belastinginkomste. Die diens se begroting is ook met 1,3 miljard rand gesny wat sy vermoë om belasting in te vorder in die wiele ry. Alan Beesley van ActionSA vra vir verhoogde befondsing om doeltreffende belastingvorderings te behaal en beter ondersteuning.