SA Inkomstediens samel 25% vir staatskas in

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het in die afgelope boekjaar 25 persent meer geld vir die staatskas ingevorder as in die vorige jaar. Die inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, het vanmiddag die voorlopige belastinginkomste-invorderingsresultate aangekondig. Die diens het ‘n rekord-brutobedrag van byna 1,9 triljoen rand ingevorder. Terugbetalings het meer as 320 miljard-rand beloop. Persoonlike inkomstebelasting verteenwoordig 35,5 persent van inkomste, belasting op toegevoegde waarde 25 persent en maatskappy-belasting 20,7 persent.