SA inflasie daal weer effe

Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Desember vir die tweede agtereenvolgende maand gedaal, van 5,5-persent in November tot 5,1-persent. Dit is die laagste persentasie sedert Augustus verlede jaar. Die laer koers is weens laer brandstofpryse wat gelei het tot laer vervoerkoste. Statistieke Suid-Afrika sê ook die pryse van brood en graan het tussen die twee maande met 0,2-persent gedaal maar was steeds 7,5-persent hoёr as in Desember 2022. Die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank sal vandag sy besluit oor rentekoerse bekend maak.