SA hou rentekoers onveranderd – wat van Namibië?

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die rentekoers vir die vierde agtereenvolgende keer onveranderd gelaat. Die repokoers, waarteen die Reserwebank geld aan banke leen, bly op 8,75% en die prima rentekoers van banke op 11,75%. Die Bank van Namibië sal sy rentekoers-besluit op 14 Februarie aankondig. Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by die Universiteit van Namibië gaan uitvind wat die effek op Namibiërs sal wees as dit dieselfde bly op 7.75%.