SA hoop vir uitslae in sewe-dae-tydperk

Die Verkiesingskommissie skryf die stadiger afhandeling van die uitslae toe aan die byvoeging van ‘n derde stembrief, wat veral metropolitaanse gebiede raak. In die verlede is 80-persent van die uitslae in die eerste 24-uur afgehandel, maar die derde stembrief maak alles stadiger. Ondanks die vertraging, werk die OVK om seker te maak van die akkuraatheid deur volledige nagaan en ouditering. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, bly vol vertroue die uitslae sal binne die voorgeskrewe sewe-dae-tydperk afgehandel wees.