SA het van die swakste onderwysstelsels

Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys moet maatreëls instel wat die land se onderwysstelsel sal verbeter. Die sentrum het ‘n reeks van vyf verslae oor die stand van die onderwysstelsel die lig laat sien wat aantoon dat die land se basiese onderwysstelsel wêreldwyd van die heel swakste presteer. Die direkteur, Ann Bernstein, het gesê vier uit vyf onderwysers in openbare skole het nie die inhoudskennis en vaardighede om hul vakke te onderrig nie.