SA het ‘n klimaatplan nodig

Die Transformation Alliance in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om die klimaataksieplan in werking te stel en die land se rampbestuursplan te hersien. Dit volg nadat ‘n tornado Dinsdag die noorde van Durban in KwaZulu-Natal getref en een lewe geëis het. ‘n Woordvoerder, Tsakani Manganyi, sê klimaatsverandering is ‘n werklikheid en ‘n regering wat omgee, is een wat besef dinge kan nie soos gewoonlik voortgaan nie: