SA het 225 padsterftes oor Paasnaweek

Met Namibië wat slegs ses padsterftes oor die Paasnaweek gehad het, het die Suid-Afrikaanse departement van vervoer gesê 185 noodlottige padongelukke is oor die Paasnaweek aangemeld met 225 mense wat in padongelukke gesterf het. In dieselfde tydperk verlede jaar, is 135 noodlottige padongelukke aangeteken wat tot 161 sterftes landwyd gelei het. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, deel meer…