SA grenspolisie lê beslag op R21 mijoen se onwettige tabak

Grenspolisiespanne van die SAPD in Limpopo het beslag gelê op onwettige tabak ter waarde van meer as 21-miljoen Suid-Afrikaanse rand as deel van Operasie Vala Umgodi. In ʼn ander operasie is 11 Zimbabwiese burgers aangekeer en beslag gelê op drie onwettige vuurwapens, 74 rondes ammunisie en 110 kilogram dagga. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasie is gemik op onwettige mynbou en misdadige bedrywighede in sewe brandpunt-provinsies.